Crozeteilande

Crozeteilande
Îles Crozet
(Frans)
(Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede) (Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede)
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
Ligging van die Crozeteilande in die suidelike Indiese Oseaan
Ligging van die Crozeteilande in die suidelike Indiese Oseaan
Kaart van die Crozeteilande
Kaart van die Crozeteilande
Amptelike tale Frans
Hoofstad Geen
Grootste stad Geen
Oppervlakte
 - Totaal
352 vk km
Bevolking
 - Totaal
 - Bevolkingsdigtheid
23 (2009)
0,07/vk km
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone UTC: UTC +10
Volkslied La Marseillaise

Die Crozeteilande (Frans: Îles Crozet) is 'n afgeleë subantarktiese argipel van klein eilandjies in die suidelike Indiese Oseaan, deel van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede. Dit is omtrent halfpad tussen Madagaskar en die Antarktiese kus geleë. Die argipel of eilandgroep bestaan uit 5 vulkaniese eilande wat die hoogste dele van 'n vlak ondersese plato aan die oostelike flank van die suidwestelike Indiese Oseaanrif verteenwoordig. Die Crozeteilande is een van die vier gebiede in die Terres Australes et Antarctiques Françaises (Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede), wat ook Terre Adélie (Franse aanspraak op Antarktika), die Kergueleneilande en die Amsterdam- en Sint-Pauleilande insluit. Die Crozeteilande het die hoogste konsentrasie voëls ter wêreld – byna 25 miljoen broei op die eiland. Die eilande het geen natuurlike hawe nie en voorrade en personeel word per helikopter, of in slegte weer per skuit, vanaf skepe na die kus gebring.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search